SANDVELD Winterdans

27 Junie 2026 19:00

Louwsrus Plaas, Leipoldville

Met Juanita, Jay, Johan, Nadia & Talitha

Kleredrag/ Tema
Vellie-Vastrap

Enige uitrusting met jou lekkerste leerskoene.

WINTERDANS

Maak Gou!

Boek jou kaartjies vandag nog.

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)

Winterdans Missie

Die Sandveld Winterdans is ’n gemeenskapsinisiatief wat in 2016 ontstaan het met een eenvoudige, maar kragtige doel: om fondse in te samel vir mense en instansies wat dit regtig nodig het.

Van die begin af word begunstigdes sorgvuldig geïdentifiseer deur die organiseerders self. Dit maak Winterdans ’n persoonlike en doelgerigte geleentheid, waar elke dans ’n verskil maak.

Oor die jare het die Sandveld Winterdans reeds fondse ingesamel vir: Arike Hayward, Sederhof Tehuis vir bejaardes asook later vir die heropbou van Clanwilliam Expo. Ná ’n onderbreking weens COVID is die Winterdans in 2025 met nuwe energie hervat.

Die Winterdans fokus op gehalte langarmmusiek en top danskunstenaars, met die klem op ’n egte, tradisionele danservaring. Dit is nie net ’n aand van musiek en dans nie, maar ’n geleentheid waar gemeenskap, kultuur en omgee saamkom.

Elke Winterdans vertel ’n storie van samewerking, ondersteuning en die krag van ’n gemeenskap wat saamstaan.

SANDVELD WINTERDANS